“Inenting is ’n maatskaplike verantwoordelikheid”

Spesialiste van die Universiteit Stellenbosch se mediese fakulteit sê Suid-Afrikaners het 'n maatskaplike verantwoordelikheid om hulself te laat inent.

KAAPSTAD - As heelwat meer Suid-Afrikaners hulle nie voor 1 November laat inent nie, kan die munisipale verkiesing in 'n superverspreidergeleentheid van Covid-19 ontaard.

Dis die waarskuwing wat dokters verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe vandag gerig het.

Hulle het 'n inentingsveldtog en byeenkoms op die Tygerberg-kampus gereël.

Source
eNuus

Paid Content