Inperking gee Langa-tieners kans om diens te lewer én geld te maak

'n Groep tieners van Langa in Kaapstad verskaf 'n afleweringsdiens vir inwoners van dié township.

KAAPSTAD – Baie sakeondernemings moes reeds hulle deure sluit weens die Covid-19-pandemie en die inperking.

Maar 'n groep tieners van Langa in Kaapstad het die geleentheid aangegryp om 'n nuwe besigheid van stapel te stuur.

Cloudy Deliveries verskaf 'n afleweringsdiens vir inwoners van dié township.

Hulle gaan haal kruideniersware of wegneemetes op fietse en lewer dit dan by klante se huise af.

Source
eNuus