Inperkingsgevolge op mens ondersoek

Navorsing bevind onder meer dat baie mense se slaaproetines heeltemal ontspoor gedurende die staat van inperking.

KAAPSTAD - 'n Navorsingspan van die universiteite van Kaapstad, Witwatersrand en Rhodes ondersoek die impak van inperking op menslike gedrag.

Een van die eerste bevindings is dat vreemde slaappatrone algemeen in hierdie tyd is.

Dit hou nadele vir mense se geestes- en fisieke gesondheid in.

Source
eNuus