Instandhoudingswerk aan Lesotho-waterskema beplan

Inwoners van Gauteng word gevra om in die volgende twee maande minder water te gebruik, tog word geen waterbeperkings in hierdie stadium beplan nie.

PRETORIA - Die vlak van die Vaaldam, wat Gauteng van water voorsien, het tot onder 55% gedaal.

Die departement van Water en Sanitasie vra inwoners van dié provinsie terselfdertyd om in die volgende twee maande minder water te gebruik.

Amptenare sê die Lesotho-hooglandwaterskema gaan tot einde November geen water aan Suid-Afrika verskaf nie.

Dit is weens beplande instandhoudingswerk wat aan die skema se tonnelstelsel gedoen moet word.

Source
eNuus