Jansen van Vuuren kry lewenslange tronkstraf

Regter Ian Cox sê Gerhard Jansen van Vuuren het geen genade getoon toe hy Andrea Venter in 2011 vermoor het nie.

JOHANNESBURG - Die veroordeelde moordenaar Gerhard Jansen van Vuuren is Vrydag tot lewenslange tronkstraf gevonnis in die Hooggeregshof in Johannesburg.

Sy regspan is egter van plan om hierteen te appelleer.

Jansen van Vuuren het sy voormalige vriendin, Andrea Venter, in 2011 by haar woonkompleks in Johannesburg vermoor.

Hy het ook 'n veiligheidswag by die kompleks aangerand, maar het op dié aanklag slegs 'n waarskuwing gekry.

Source
eNuus

Paid Content