Jong netbalspeler haal Baba-Proteaspan

Dié netbalspeler druk sommer op ‘n baie jong ouderdom haar stempel op die internasionale arena af.

PRETORIA - ‘n Matriekleerling van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het geskiedenis gemaak deur die eerste skoolleerling te word om in Suid-Afrika se onder-21 nasionale netbalspan ingesluit te word.

Die 17-jarige Nicci Oosthuizen, wat as senter en aanvallende vleuel vaardig is, sal in Maart vanjaar in ‘n toetsreeks teen Uganda vir die Baba-Proteas speel.

Source
eNuus

Paid Content