Jong rus wen ATKV-spelathon

POTCHEFSTROOM - ‘n Liefde vir ‘n taal is nie altyd aangebore nie - dit kan ook gekweek word.

Vra maar vir ‘n Potchefstroomse matrikulant wat onlangs haar afdeling in die ATKV se jaarlikse Spelathon gewen het.

Dasha Levanets is in die Oekraïne gebore en praat tuis Russies, maar danksy Afrikaanse onderrig die afgelope 12 jaar het sy ‘n passie en talent vir Afrikaans ontwikkel.

Source
eNuus