Joost se broer “red lewens”

Dramatiese tonele het in 'n kerk in Centurion afgespeel toe gewapende rowers die gebou bestorm het tydens 'n erediens.

CENTURION - Pieter van der Westhuizen, die broer van oud-Springbok-kaptein, Joost van der Westhuizen, het waarskynlik mense se lewens gered toe hy Sondag twee vermeende rowers doodgeskiet het.

Só sê pastoor Kobus Erasmus, wat Sondagoggend ’n erediens gelei het toe drie gewapende mans die kerkgebou van die Querencia Bedieninge-gemeente in Centurion binne gestorm het.

Die derde man is glo gewond en het op die vlug geslaan in ’n motor waarin nog ’n verdagte gewag het.

Van der Westhuizen het 15 jaar lank as soldaat in die weermag gedien.

Die polisie het nie eNuus se navrae oor die voorval beantwoord nie.

Source
eNuus