“Jy kan net nie genoeg kry nie"

’n Spesiale regstreekse blokraaikompetisie word Donderdagaand aanlyn vir gretige blokraaiers gehou.

As jy verslaaf is aan blokkiesraaisels is jy nie alleen nie.

Die Huisgenootredaksie word vandat die inperking ingetree het oorval met navrae vir meer blokraaisels.

Daarom word die eerste regstreekse Afrikaanse blokraaikompetisie in die kuberruim Donderdagaand gehou.

Een van Huisgenoot se veteraan blokraai-opstellers bied Blokraai Regstreeks aan.

Source
eNuus