“Jy kon net daai stank kry”

Tientalle huise in Kraaifontein is verlede week vermoedelik deur rioolwater oorstroom.

KRAAIFONTEIN - Sommige inwoners van die noordelike voorstede van Kaapstad pak die skuld op die metroraad nadat rioolwater vermoedelik hulle huise oorstroom het.

Dit het gebeur toe die Moederstad verlede week deur 'n groot storm getref is.

Hulle beweer hulle huise is beskadig weens die gebrekkige instandhouding van munisipale infrastruktuur.

Source
eNuus

Paid Content