Kaapse pendelaars trek aan kortste ent

Golden Arrow het sy busdienste afgeskaal nadat daar op een van sy busbestuurders geskiet is.

KAAPSTAD - Pendelaars in Kaapstad word deur een terugslag na die ander getref.

Dele van die stad se treindiens is steeds opgeskort, taxigeweld woed voort en nou word Golden Arrow-busse ook aangeval.

'n Busbestuurder is op die N2-snelweg gewond toe daar op hom geskiet is.

Golden Arrow het gevolglik sy busdienste afgeskaal.

Source
eNuus

Paid Content