Kaapse skool vra om verskoning vir homofobiese insident

Die Hoërskool D.F. Malan sê hy sal in die toekoms anders kyk na LGBTQI-sake.

KAAPSTAD - Die beheerliggaam van die Hoërskool D.F. Malan in Kaapstad het om verskoning gevra vir hoe die skool 'n voorval hanteer het waarin daar teen 'n groep LGBTQI-leerlinge gediskrimineer is.

Dit volg nadat meer as 12 000 mense 'n petisie geteken het waarin op ‘n verskoning aangedring word.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement ondersoek nou die voorval, en sê hy betreur dit.

Source
eNuus

Paid Content