Kaapse strand een van mooistes ter wêreld

Volgens 'n opname deur ‘n sosiale media-platform is Boulders-strand een van die mooiste strande ter wêreld.

KAAPSTAD - 'n Strand in Kaapstad is aangewys as een van die wêreld se mees ikoniese toerismebestemmings.

Boulders-strand, wat bekend is vir sy pikkewyne, word nou as een van die tien beste strande ter wêreld beskou.

Dis volgens 'n opname wat op die sosiale media-platform, Instagram, gedoen is.

Source
eNuus

Paid Content