Kaapstadse verkeersbeampte sterf grusaam

Kaapstadse familie rou nadat verkeersbeampte grusaam deur taxi doodgery is

KHAYELITSHA  - Die familie van 'n Kaapstadse verkeersbeampte is gebroke nadat hy onder grusame omstandighede deur 'n minibustaxi doodgery is.

Die bestuurder van die taxi is in hegtenis geneem en sal Dinsdag op 'n klag van moord in die hof verskyn.

Die Stad Kaapstad het 'n beroep op die polisie gedoen om hulle ondersoek na dié tragiese gebeure so gou as moontlik af te handel.

Source
eNuus