Kalkbaai se kleurvolle baaihutte brand

Drie van Kalkbaai se kleurvolle baaihutte op St. James-strand in brand vernietig

KALKBAAI - Drie van die kleurvolle baaihutte op St. James-strand is Saterdagoggend vroeg in ’n brand vernietig.

Die internasionale toeriste-aantreklikhede is in 1910 op die strande rondom Kalkbaai aangebring.

Drie huisies is totaal vernietig en twee ander is erg beskadig. 

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Source
eNuus