Kataza trek Tzaneen toe

Die Wes-Kaap se bekendste - en moontlik berugste - bobbejaan trek Limpopo toe.

KAAPSTAD - Die bekendste bobbejaan in die Wes-Kaap is op pad na Limpopo.

Kataza die bobbejaanmannetjie het verlede jaar opslae gemaak toe hy uit sy trop in Kommetjie verwyder is en na Tokai verskuif is weens sy gedrag.

Nadat diereregte-aktiviste 'n hofaansoek teen die Stad Kaapstad gebring het, is hy teruggeskuif Kommetjie toe, maar nou trek hy na 'n diererehabilitasiesentrum in Limpopo om sy afhankllikheid van mense af te leer.

Source
eNuus

Paid Content