Katgriep eis talle hondjies by K9-eenheid

Die polisie het die entstof teen katgriep glo nie betyds aangekoop om die honde by die K9-eenheid in die noorde van Pretoria in te ent nie.

PRETORIA - 70 jong hondjies is sedert September dood by die polisie se honde-eenheid by die Roodeplaatdam in die noorde van Pretoria.

Dit nadat die honde die Parvovirus, ook bekend as katgriep, opgedoen het.

Tientalle ander honde is intussen ingeënt nadat die polisie die entstof uiteindelik aangekoop het.

Source
eNuus