Kerkgroepe wend hul na hof oor inperkings

Behalwe dat veral senior lidmate tydens só ’n verbod vereensaam, sal dit ook ’n invloed op verskeie godsdienstige feesdae hê.

PRETORIA - Die Hooggeregshof in Johannesburg het ’n aansoek van verskeie kerkgroepe en ander organisasies in verband met godsdienstige byeenkomste aangehoor.

Die partye is bekommerd dat 'n strenger Covid-19-inperkingsvlak gaan beteken dat godsdienstige byeenkomste weer verbied word.

AfriForum is een van die organisasies wat vra dat die algehele verbod op dié byeenkomste tydens strenger inperkingsvlakke ter syde gestel word.

Die aansoek is teen die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, gebring.

Source
eNuus

Paid Content