"Kerkwees op 'n ander manier"

Twee Afrikaanse kerke praat oor hul planne om na lidmate uit te reik nou dat eredienste gekanselleer is.

KAAPSTAD - Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het Donderdag vergader om te bespreek hoe geloofsgemeenskappe die corona-virus moet hanteer.

Die departement van gesondheid en ander belanghebbendes het ook aan die gesprek deelgeneem.

Een van die grootste kerke in Suid-Afrika, die Zion Christian Church, het Dinsdagaand sy jaarlikse Paasfees-byeenkoms by Moria in Limpopo afgelas.

Verskeie ander kerkgenootskappe het ook besluit om eredienste te kanselleer.

Source
eNuus