Kersbederf vir oues

Met die Ouma-en-Oupa-projek is sowat 1 500 geskenke vanjaar ingesamel vir bejaardes wat Kerstyd alleen in ouetehuise deurbring.

PRETORIA - Kersfees is 'n tyd vir samesyn wanneer baie families bymekaarkom.

Maar die lot van talle bejaardes wat Kerstyd alleen in 'n ouetehuis deurbring, het 'n onderwyseres van Pretoria diep geraak.

Sy organiseer vanjaar die tweede Ouma-en-Oupa-projek, waarmee meer as 'n duisend Kerspakkies ingesamel word om dié bejaardes te bederf.

Source
eNuus