Kinderhuis probeer skuld delg

Dele van ‘n gemeenskap in Kaapstad is gekant teen die beplande ontwikkeling by ‘n kinderhuis, al kan dit hom van finansiële ondergang red.

KAAPSTAD - 'n Gemeenskapsorganisasie probeer dringend 'n kinderhuis in Kaapstad van finansiële ondergang red.

Die kinderhuis gaan al 14 jaar lank gebuk onder 'n reuse-skuldlas wat deur beweerde korrupsie en wanbestuur veroorsaak is.

'n Gedeelte van die kinderhuis se grond is onlangs verkoop om die skuld te help delg, maar nie almal in die gemeenskap is hiervoor te vinde nie.

Source
eNuus