Kinders wees gelaat na brand

’n Kers het glo die brand by 'n gesin van Delft-Suid se sinkhuis veroorsaak.

DELFT-SUID - Vier lede van 'n gesin van Delft-Suid in Kaapstad is dood toe 'n brand hulle sinkhuis vernietig het.

Jessica Moses en haar man, Basil Blaauw, het saam met hulle vyf maande oue tweelingseuns in die brand omgekom.

Moses se drie ander kinders was nie tuis toe die tragedie afgespeel het nie.

Sy was lank op 'n waglys vir 'n baksteenhuis en sou binnekort een ontvang het.

Source
eNuus

Paid Content