Klasmaats verras leerling met goedhartigheid

Tashreeq Doovey het in trane uitgebars toe sy skoolmaats hom verras het met n nuwe selfoon.

KAAPSTAD - ’n Matriekklas van Kaapstad se welwillendheid het die land aangegryp.

Dié graad 12-klas van die Hoërskool Windsor het ’n klasmaat met ’n nuwe selfoon verras nadat hy beroof is.

'n Video waarin die emosionele oomblik vasgevang is, is meer as n halfmiljoen keer op sosiale media gekyk en het Tashreeq Doovey van Hanover Park se lewe binne ’n week verander.

Source
eNuus