Klimaatsaktiviste keelvol vir regering

Met die slagspreuk "Uproot the DMRE", het betogers gesê die energiedepartement se besluite neem nie die omgewing in ag nie.

KAAPSTAD - Klimaatsaktiviste dreig met regsaksie teen die regering indien hy nog steenkoolkragstasies oprig.

Jongmense in Kaapstad het vandag die Globale Klimaatstaking ondersteun en 'n griefskrif aan die Parlement oorhandig.

Hulle eis die algehele transformasie van die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie.

Source
eNuus

Paid Content