Klokke beier vir FAS

Inwoners van Worcester het byeen gekom om bewusmaking oor fetale alkoholsindroom te skep.

WORCESTER  Elke jaar om nege minute oor nege op die negende September beier klokke wêreldwyd om bewusmaking rondom fetale alkoholsindroom te skep.

Dit is om vroue te herinner dat hulle vir die nege maande tydperk van swangerskap geen alkohol moet drink nie.

Die FASFacts-organisasie het Woensdagoggend 'n klein byeenkoms in Worcester in die Wes-Kaap gehou om deel te neem aan die internasionale veldtog.

Source
eNuus