"Kombersbenadering werk nie”

Met Suid-Afrika op die drumpel van ’n vyfde Covid-19-vlaag, wil die vakbond Solidariteit die regering se konsepregulasies vir die bestuur van die pandemie in die hof uitdaag.

Die vakbond Solidariteit sê een van die grootste hofsake nóg in Suid-Afrika is dalk op pad.

Dit as die regering nie hulle konsepregulasies, wat die Covid-19-ramptoestand vervang, ingrypend verander nie.

Die nuwe voorgestelde wysigings aan die Gesondheidswet is in die spervuur weens die inhoud daarvan en die regering se hantering van die openbare deelnameproses.

Source
eNuus

Paid Content