Kommer oor oorvol klaskamers

Ouers bekommerd oor 90 leerlinge in sommige klasse in die Drakenstein-distrik

PAARL, WES-KAAP - Ouers en ander inwoners van die Drakenstein-distrik in die Wes-Kaap is bekommerd oor oorvol klaskamers by sommige skole.

Hulle sê dit is onaanvaarbaar dat daar tot soveel as 90 leerlinge in sommige klasse is tydens die Covid-19-pandemie.

Die distrik, wat die Paarl en Wellington insluit, het reeds meer as 2-duisend bevestigde gevalle van die virus.

Source
eNuus