Kommetdieding en sy eienaar pronk met Durban July-troifee

Ashwin Reynolds is die eerste renperdeienaar van kleur om die Durban July te wen.

KAAPSTAD - eNuus het in Februarie vanjaar berig oor Ashwin Reynolds, 'n renperdeienaar van die Kaapse Vlakte wat vinnig opgang maak in die perdewedrenbedryf.

Verlede Saterdag het hy geskiedenis gemaak toe sy perd Kommetdieding die Durban July gewen het.

Reynolds is die eerste renperdeienaar van kleur wat dié gesogte trofee omhoog hou.

eNuus se Justin Ford het met hom gesels oor dié prestasie.

Source
eNuus

Paid Content