Konsert vir voortbestaan van Distrik Ses-museum

Vir baie mense wat in Distrik Ses grootgeword het, is die museum al wat oor is van hulle kinderdae.

KAAPSTAD - Die Distrik Ses-museum bly vir minstens die volgende drie maande oop danksy skenkings van die publiek.

Maar die voortbestaan van dié privaat instelling is steeds in gedrang.

'n Groep musikante het gevolglik besluit om op Erfenisdag 'n aanlyn fondsinsamelingskonsert ten bate van die museum te hou.

Source
eNuus