Krematorium vol weens toename in verassings

Die Stad Kaapstad sê al hoe meer families verkies om hul geliefdes te laat veras.

KAAPSTAD - Die Stad Kaapstad se krematorium in Maitland aanvaar tot 14 September geen nuwe lyke vir verassings nie.

Die krematorium is tans vol, en dis veral te wyte aan die onlangse toename in Covid-19-verwante sterftes.

Maar die metroraad sê dit is nie 'n krisis nie en sy personeel werk onverpoosd om die agterstand uit te wis.

Source
eNuus

Paid Content