Krugerwildtuin vat hande met gemeenskap

Verskeie gemeenskapsforums is gestig waar Sanparke en die gemeenskap se probleme bespreek word.

KRUGERWILDTUIN - Sanparke sê verskeie belanghebbendes se hulp is nodig om stropery en ander wildlewemisdade hok te slaan.

Daarom probeer hy om in die Krugerwildtuin met aangrensende gemeenskappe hande te vat om oplossings vir probleme te vind en misdadigers vas te trek.

Dit behels onder meer om maandeliks met gemeenskapsforums te vergader, waar Sanparke kwessies uitlig en inwoners se besware bespreek word.

Source
eNuus

Paid Content