Kuns en ontwerp vir Tutu-erfenisfonds

Bekende plaaslike kunstenaars, ontwerpers en juweliers, neem deel aan 'n fondsinsameling, waar hul werke digitaal opgeveil gaan word.

KAAPSTAD - Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu word op 7 Oktober 2021 negentig jaar oud.

Om hom te eer, het die Desmond en Leah Legacy Foundation en die Franse ambassade 'n erfenisfonds begin.

Die doel is om binne twee jaar 90 miljoen rand in te samel, deur onder meer 'n aanlynveiling van skeppings deur die land se voorste kunstenaars en ontwerpers.

Source
eNuus

Paid Content