Landbouleiers kry Cele voor stok

Agri SA gaan aan die president skryf oor die polisieminister se optrede tydens 'n vergadering oor landelike veiligheid.

Landbou-organisasies is ontstoke oor polisieminister Bheki Cele se hantering van 'n imbizo oor misdaad in landelike gebiede.

Cele het Newcastle in KwaZulu-Natal Maandag besoek, bykans drie weke nadat Glen en Vida Rafferty op hulle plaas in dié omgewing vermoor is.

Gemoedere het hoog geloop tydens die vergadering en minstens een landbou-organisasie wil nou die minister se optrede met die president bespreek.

Source
eNuus