Landsburgers gryp in om misdaad te takel

Inwoners waag hul lewens om saans die strate van Grassy Park te patrolleer.

KAAPSTAD - Lede van 'n gemeenskap op die Kaapse Vlakte rus nie op hul louere wanneer dit kom by misdaad takel nie.

Minstens sewe mense is die afgelope paar weke in en om Grassy Park in drie afsonderlike voorvalle vermoor.

Inwoners sê die polisiekantoor in dié gebied het te min hulpbronne en daarom sit hulle nou self skouer aan die wiel.

Source
eNuus

Paid Content