Leerlinge betoog teen rassisme by skool

Kinders sê hulle het al voorheen teen rassisme by die Good Hope Seminary High School in Kaapstad betoog, maar dat niks verander nie.

In Kaapstad eis matrieks 'n einde aan rassisme by hul skool.

'n Groep leerlinge betoog sedert Maandag om die aandag van die Good Hope Seminary High School se bestuur te kry.

Dit kom na 'n beweerde rassistiese onderonsie verlede week tussen twee matriekmeisies.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê hulle het die skool besoek, waar die skoolhoof met leerlinge vergader het om die kwessie te bespreek.

Source
eNuus

Paid Content