Lennit Max kry nuwe politieke tuiste

Die voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris, Lennit Max, is as die Vryheidsfront Plus se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad aangewys.

KAAPSTAD - Lennit Max het oor die afgelope twee dekades 'n kleurryke politeke loopbaan gehad.

Hy was al 'n lid van die Onafhanklike Demokrate, die DA en die ANC.

Nóú is hy die Vryheidsfront Plus se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad.

Dié voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris hoop om dié party se troefkaart in die Moederstad te wees.

Source
eNuus

Paid Content