Lesufi besoek Helpmekaar

Helpmekaar-kollege in Johannesburg skort sy klasse op en begin met aanlyn lesse.

JOHANNESBURG - Helpmekaar-kollege in Johannesburg het besluit dat sy leerlinge vir eers nie gaan terugkeer skool toe nie.

Dié privaatskool het verlede week met klasse begin, maar het sy besluit oor die naweek heroorweeg.

Helpmekaar se skoolhoof het Maandag tydens 'n besoek van die Gautengse Onderwys-LUR, Panyaza Lesufi, aan die skool aangekondig dat hulle so gou as moontlik met aanlyn lesse sal begin.

Source
eNuus

Paid Content