Liefdadigheidsorganisasie vir kwesbare kinders benodig hulp

Geen ouers of vrywilligers is tydens die inperking by die Heartlands Baby Sanctuary toegelaat nie.

SOMERSET-WES - 'n Liefdadigheidsorganisasie wat kwesbare kinders versorg, het tydens die inperking 'n reuse-tekort aan vrywilligers gehad.

Ouers kon ook nie hulle kinders by die Heartlands Baby Sanctuary in Somerset-Wes besoek nie.

Dié fasiliteit bied tydelike sorg vir baba's en kinders wat verwaarloos of mishandel is.

Source
eNuus