Lisensiëringsprobleem kelder ambulansdiens

Tshwane-metro se ambulansdiens tot stilstand gedwing deur ‘n lisensiëringsprobleem

PRETORIA - Die Tshwane-metroraad mag tans nie sy vloot van 73 ambulanse gebruik nie.

Die hoofstad se nooddienste het slegs 'n tydelike lisensie gehad om dié diens te bedryf.

Gauteng se provinsiale regering het nou ingegryp en opdrag gegee dat dié kwessie so gou as moontlik uitgesorteer word.

Source
eNuus