“Los die moskee, los die kerke, los die tempels”

Die Stad Kaapstad beloof om die kwessie oor klagtes van die geraasvlak by die Mughammadiyyah Moskee, op te los.

KAAPSTAD - Die Menseregtekommisie sê die besluit om vir 'n moskee in Soutrivier in Kaapstad 'n geraasstoorniswaarskuwing uit te reik, is onsensitief en verkeerd.

Gemeenskapsleiers sê hulle is verstom oor dié waarskuwing en eis nou antwoorde van plaaslike owerhede.

Intussen beoog die Stad Kaapstad om met die moskee te beraadslaag.

Hulle het ook beloof om personeel beter op te lei oor prosedures.

Source
eNuus

Paid Content