Lugdiens se vlerke geknip

Onderhandelings met die SAL-bestuur het 'n dooie punt bereik nadat Numsa en Sacca ‘n salarisverhoging van 8% geëis het.

KEMPTON PARK - Stakende SAL-werkers dreig om die land se lugvaartbedryf tot stilstand te dwing - tót daar aan hulle eise gehoor gegee word.

Lede van die vakbonde Numsa en Sacca eis onder meer 'n 8%-salarisverhoging, maar die sukkelende nasionale lugdiens bied 5,9% aan, ás daar geld beskikbaar is.

Alle SAL-vlugte is sedert Vrydag weens die staking gekanselleer, terwyl sekere internasionale vlugte Sondag hervat is.

Source
eNuus