Ma en dogter vermoor na beskermingsbevel glo geweier word

’n Vrou en haar sewejarige dogter is vermoor 'n week nadat sy glo 'n beskermingsbevel teen die pa van haar twee kinders probeer kry het

BELHAR – Die Openbare Beskermer ondersoek waarom ’n Kaapstadse vrou na bewering nie gehelp is om 'n beskermingsbevel te kry nie.

Altecia Kortje en haar sewejarige dogter, Raynecia, is vermoor net 'n week nadat sy glo 'n beskermingsbevel teen haar kêrel, wat ook die pa van haar twee kinders is, probeer kry het.

Haar kêrel, Ryan Smith, verskyn Maandag in die hof vir ’n borgtogaansoek.

Source
eNuus