Zelda la Grange hoop die minireeks "'n Uitsonderlike roeping" sal landsburgers aan Madiba se wyshede herinner.
JOHANNESBURG - Nelson Mandela sou baie bekommerd gewees het oor waar Suid-Afrika nou is.
So sê sy voormalige persoonlike assistent, Zelda la Grange.
Sy hoop 'n nuwe minireeks oor die wêreld-ikoon se lewe sal die land aan sy morele kompas herinner.
Madiba sou op 18 Julie 101 jaar oud geword het.
Source
eNuus