Maskers waai na meer as twee jaar

Wydverpreide verligting is uitgespreek nadat die laaste Covid-19-regulasies Woensdag herroep is.

PRETORIA - Die opheffing van die laaste Covid-19-regulasies is vanuit alle oorde verwelkom.

Veral skole het hul verligting uitgespreek dat onderwysers en leerlinge nou met gesigmaskers kan wegdoen.

Die departement van Basiese Onderwys het Woensdag in 'n verklaring die afskaffing van maskers verwelkom.

Volgens die departement is die dra van maskers in klaskamers nou opsioneel.

Source
eNuus

Paid Content