Matriekuitslae: “Sonder onnies kon ons nie”

Daar was Dinsdag groot opgewondenheid toe matrikulante hul uitslae by hul skole gaan afhaal het.

PRETORIA – Nadat die amptelike matriekuitslae uiteindelik Maandag bekend gemaak is, kon 2020 se skoolverlaters Dinsdag hul punte by hul skole gaan afhaal.

Met 'n slaagsyfer van bykans 84 persent is Gauteng die provinsie wat die tweede beste gevaar het, 'n kortkop agter die Vrystaat se 85-komma-een persent.

Skooldistrikte in Tshwane en Johannesburg maak ook ses uit die land se tien toppresterende distrikte uit.

Source
eNuus

Paid Content