Meer as bytjies en blommetjies bekyk

Die onderwysdepartment se beoogde Comprehensive Sexuality Education of sogenaamde CSE-lewensoriënteringskurrikulum is nou op sy webwerf beskikbaar.

'n Herrie het onlangs losgebars oor die Departement van Basiese Onderwys se beoogde Comprehensive Sexuality Education of sogenaamde CSE-lewensoriënteringskurrikulum.

Die leerplan word na verwagting volgende jaar ingestel en is verpligtend vir leerlinge van graad 4 tot 12.

Baie fopnuus is op sosiale media versprei oor die inhoud van die kurrikulum, wat die departement nou genoop het om dit aanlyn beskikbaar te stel sodat enigiemand die volledige leerplan kan aflaai en bestudeer.

Source
eNuus