Meghan - kampvegter vir vroue

Die tweede been van Meghan Markle se Suid-Afrikaanse toer het Dinsdag by die Universiteit van Johannesburg begin met 'n gesprek oor die uitdagings wat jong vroue ervaar om toegang tot tersiêre onderrig te kry.

JOHANNESBURG - 'n Bemagtigde vrou kan 'n gemeenskap en 'n land verander.

Só sê die hertogin van Sussex wat haar voorlaaste dag in Suid-Afrika op geslagsgelyke opvoeding toegespits het.

Meghan Markle het deelgeneem aan 'n bespreking by die Universiteit van Johannesburg waar sy studiebeurse aan vroue beskikbaar gestel het.

Source
eNuus