Middelburg se treinstasie weer besoekersjuweel

Besoekers aan die Middelburgse treinstasie kan regte spoorwegkoffie geniet en ook gedenkwaardighede van die spoorweë se goue jare besigtig.

Middelburg se geskiedkundige treinstasie blink weer en skilderagtige ritte op stoomlokomotiewe wink in die toekoms.

Johan Janse van Rensburg en sy verloofde, Liezl Prinsloo, het twee jaar gelede begin om die dorp se vervalle stasie op te knap nadat hulle 'n huurooreenkoms met die Passasierspoorweg-agentskap, oftewel Prasa, aangegaan het.

Die gemeenskap het ook hand bygesit en nou is dit 'n plek waar besoekers kan stoom afblaas terwyl hulle hopelik binnekort treinkaartjies na plekke soos Dullstroom kan bespreek. 

Source
eNuus

Paid Content