Mitchells Plain kry Covid-19-eenheid

57 bykomende gesondheidswerkers gaan permanent by Mitchells Plain se nuwe Covid-19-eenheid aangestel word.

MITCHELLS PLAIN - 'n Nuwe permanente eenheid vir die behandeling van Covid-19-pasiënte is Donderdag by die Mitchells Plein-distrikshospitaal in Kaapstad geopen.

Die eenheid is deur die humanitêre organisasie Gift of the Givers geskenk in samewerking met die Wes-Kaapse departement van Gesondheid.

Covid-19-pasiënte wat nie intensiewe sorg nodig het nie, sal van die einde van die maand af daar behandel word.

Dit sal die druk op die distrikshospitaal en sy personeel aansienlik verlig.

Die eenheid sal in die toekoms ook vir die behandeling van ander siektes gebruik word.

Source
eNuus