Die Stad Kaapstad sê hy werk met die raad saam om voorsiening te maak vir nog 837 grafte vir die Moslemgemeenskap.
KAAPSTAD – Die styging in Covid-19 sterftes in die Wes-Kaap sit die Moederstad se begraafplase onder druk, veral vir Moslem-begrafnisse.
Die plaaslike gemeenskap was vandeesweek in oproer oor bykomende fooie wat gehef is vir 'n na-uurse begrafnis.
Die Stad Kaapstad sê hy probeer om ruimte vir bykomende grafte te skep, veral vir Moslem-grafte.
Hy kan tans slegs 150 Moslem-begrafnisse per maand akkommodeer.
Source
eNuus